gallery/blue mountains
MATRIEKS!!  Aussie Toer 2018

TOERPROGRAM
 

Dag 1 - OR Tambo na Sydney.  (01/12/2017)  

Ons vertrek van OR Tambo Internasionale lughawe na Sydney.  Die pret begin reeds voor ons aan boord gaan, met ‘n heerlike “ken-mekaar” in die Internasionale vertreksaal.  Sydney – die hartklop van Australië, bekend vir sy unieke operahuis, die wêreldberoemde Darling Hawebrug, sy ongelooflike strande en gasvryheid.  Daar word gesê dat Sydney soveel bied om te doen, dat jy in ‘n jaar nie al die plekke vn belang deeglik kan verken nie! 

Dag 2:  Sydney (02/12/2017)

15:35 en uiteindelik land jy in Sydney!  ‘n Kort rit van die lughawe na jou hotel en die res van die aand behoort aan jou.  Ervaar die hartklop van hierdie wêreldstad, verken die lewe aan die onderkant van die aarde.  More is dit ons die strande

Dag 3: Sydney – Bondi en Manley (03/12/2017)

Begin die dag met ‘n besoek aan die beroemde “Bondi Beach”, speelplek van die rykes en beroemdes.  Daar word gesê dat Hugh Jackman en Matthew J meer tyd daar deurbring as in hulle huise! Later die dag besoek ons Manley – ‘n lieflike strand en ‘n paradys vir branderplank ryers. Die akwarium hier is ‘n moet!  Die marine lewe is uniek en daar is onder andere‘n lewensgroot walvis van lego’s!  Die aand behoort aan jou – wat van ‘n 9D fliek of ‘n vertoning in die opera huis?

Dag 4: Sydney – Blue Mountain (04/12/2017)

Vandag gaan verken ons die asemrowende “Blue Mountains” – een van die mooiste dele in Austalië.  Vir die wat nie kan wag om kennis te maak met die locale wildlewe nie – nou is jou kans!  Troetel ‘n koala of voer ‘n kangaroo met die hand.  Volgende op die lys is ‘n besoek aan “Scenic World” – onvergeetlike avontuur! Gly met ‘n glasbodem kabelkar oor die reënwoude, geniet ‘n rit op ‘n stoomtrein, verloor jouself op ‘n wandelroete…..

Daar is nie ‘n beter manier  om die ongelooflike natuurskoon te ervaar as dit nie.  Na ‘n heerlike middagete word jy vermaak met ‘n didgeridoo vertoning, voor jy aan boord gaan vir ‘n rustige vaart op die Parramatta rivier.  Die aand is weereens joune om te verken soos jy wil.

Dag 5: Sydney (05/12/2017)

Vandag behoort aan jou om na hartelus te verken.  Watter van die bekende attraksies jy wil besoek, is jou keuse.  Die heel dapperes kan selfs die Hawebrug uitklim!  Daar is ook die Taronga Dieretuin, Fort Denison, Luna Park, en veel meer. ‘n Volledige brosjure met tye, kostes en aanbevelings word verskaf.

Dag 6: Sydney na Cairns – (06/12/2017)

Totsiens Sydney – en hallo Cairns!! Ons vertrek vroeg uit Sydney om soveel moontlik tyd in Cairns te kan spandeer.  Nadat die nodige formaliteite afgehandel is, behoort die dag aan jou. 

Dag 7: Cairns – Great Barrier Reef (07/12/2017)

Die “Great Barrier Reef” – ‘n ongelooflike skouspel wat selfs uit die buitenste ruim sigbaar is.  Geen besoek aan Australië is volledig sonder ‘n besoek hieraan nie.  Geniet ‘n Catamaran vaart na ‘n ponton 40km die diepsee in.  Hier kan jy na hartelus snorkel en jou verstom aan die ongelooflikste kleurespel. 

Nie lief vir swem nie? Geen probleem!  Daar is ‘n glasbodem boot wat jou uitneem op ‘n vaart, ‘n kamer met ‘n glas muur waar jy jou kan verwonder aan die skouspel en ‘n platform waar jy die sonskyn kan geniet.  Daar is ook ‘n lieflike sitkamer waar jy kan sit en kuier.  Die aand behoort aan jou om Cairns na hartelus te verken. 

Dag 8: Cairns – “Jungle Surfing” (08/12/2017)

Vandag is dit jy en die reënwoude.  Die toer neem die Port Douglas-roete, een van die paaie met die mooiste natuurtonele in Australië.   Besoek die “Wildlife Habitat”-sentrum voor jy die Daintree rivier oorsteek aanboord van ‘n kabel-gedrewe pont.  Na ‘n heerlike tropiese middagete, is dit tyd om in die boomtoppe te gaan rondrits.  Op pad terug huis toe geniet jy ‘n rustige vaart op die Daintree rivier.  Of dalk nie so rustig nie?  Die rivier kronkel deur onbegaanbare reënwoude en digte wortelboom woude.  Wees op die uitkyk vir die beroemde (of is dit berugte?) Aussie krokodille – die rivier wemel van hulle.  Veilig tuis behoort die res van die aand aan jou.

Dag 9: Cairns (09/12/2017)

Vandag behoort aan jou om na hartelus te verken.  Daar is so baie om van te kies – ‘n dag uitstappie na die “Outback”, die Kuranda Rëenwoud dorpie, ‘n eiland uitstappie of sommer net rondloop in die stad – die keuse is joune.

Dag 10: Cairns - Brisbane (10/12/2017)

Ons vertrek vroeg-vroeg uit Cairns na Brisbane.  Kort na ons geland het, vertrek ons na “Dreamworld” – een van die grootste pretparke in Australië, gewaarborg om iets vir elkeen te bied.

Na ‘n lang dag, behoort die aand aan jou om Brisbane na hartelus te verken..

Dag 11: Brisbane – Moreton Eiland (11/12/2017)

Spandeer ‘n salige dag in die son.  Moreton Eiland bied spierwit strande, ongelooflike snorkel areas en enorme duine.  Verken die Tangalooma wrakke en kayak oor die lieflike koraal riwwe voor jy die duine aandurf om te “sand-surf”!  Die piekniek-middagete is ‘n hoogtepunt!

Dag 12: Brisbane (12/12/2017)

Vandag behoort aan jou – verken Brisbane na hartelus.  Vanaand geniet ons ‘n aandete-vaart op die lieflike Brisbane rivier en neem afskeid van nuut gevonde vriende. 

Dag 13: OR Tambo (13/12/2017)

Ons het aan die einde gekom van ‘n lieflike avontuur – dit is tyd om terug te keer huis toe.

 

Matriek - reg vir die volwasse lewe, maar nie een vir 'n rave nie?  12 Dae van pret en plesier wat jy nooit sal vergeet nie.  Maklike afbetalings - terme beskikbaar.

gallery/dscf5057
gallery/bondi beach
gallery/sydney2
gallery/728d6c76251d834fae3b043cf3315944
gallery/rainforest
gallery/brisbane
gallery/kangaroo2